Die Kouga Besigheidsforum is ook weer opsoek na vanjaar se voorste Suid-Afrikaanse Onderneming van die Jaar.
‘n Prysgeld van R100 000 is op die spel, asook gratis reklame en baie prestige.
Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 31 Julie 2009 en die wenners sal tydens ‘n gala-geleentheid by die Nasionale Kongres van die AHI op 3 September 2009 in Bloemfontein aangekondig word.
Besonderhede kan weereens van die Kouga Besigheidsforum se kantoor verkry word.
